Een van 2024 se hoogtepunte was die 40ste Algemene Jaar Vergadering en Simposium gehou 27 Julie 2024 te Elgro Riverlodge in Potchefstroom. PVSA se doel is om voëlboere volwaardig te verteenwoordig, nasionaal en internasionaal. Tydens die jaarlikse vergaderings poog bestuur om lede in te lig rakende probleme in die bedryf, Cites, Ringnek permitte asook die African Grey Bewaringsfonds. Daar was ook geleentheid gebied vir lede om vir CIPS lesing te gaan na afloop van die vergadering.
Sprekers
Prof Sandi Willows-Munro van UKZN was een van die sprekers en het die vergadering toegespreek oor die vordering en beplanning wat die African Grey Bewaringsfonds aanbetref asook agtergrond oor die Cape Parrot Projek.
Uitstallers
Dariah de Villiers en Linda Marais van Lumegen, Johan Stals asook Linda Ludick van Avi was almal daar om produkte uit te stal en mense meer te vertel van hulle produkte. Dariah het die vergadering meer inligting gegee i.v.m Lumegen se bek en veer toetse.
PVSA geaffilieerde lede word herinner daaraan dat hulle korting kry op toetse by Lumegen.
CITES
Antonie Meiring was vanaf 12 tot 19 Julie 2024 na die CITES AC33 vergadering, gehou in Geneva, Switserland. Antonie verteenwoordig nie net PVSA, maar die pappegaai bedryf in geheel.