PASA - PVSA - AGM - AJM 2023

Terugvoer van 39ste Algemene jaar Vergadering

Terugvoer van 39ste ALGEMENE JAAR VERGADERING gehou op 9 September 2023 te Elgro Hotel Potchefstroom

Bywoning

33 Lede woon vergadering by. 8 Lede skakel aanlyn in. 8 Lede maak verskoning.

Gassprekers

Lumegen – Dariah de Villiers
Bek en veer statistieke positiewes van 18% na 12% af. Baie African greys en Ringnekke word getoets. Dis belangrik dat telers gereeld toets om hul hokke skoon te hou. Die siekte versprei deur vangnette en besmette hande. Monster kan tot 5 jaar gebêre en hergebruik word vir toetse. PVSA lede kry korting op hul toetse. Kwarantyn tydperke is baie belangrik.

Suco – Stephen Phallos
Antonie Meiring lewer waardevolle bydraes vir Cites. Gert van Zyl en Antonie Meiring gaan nou weer 6-10 November Geneva toe. Dis belangrik dat PVSA betrokke is, inligting is nodig en PVSA moet teenwoordig wees. PVSA se betrokkenheid is baie belangrik. Klub s moet saam werk en inligting deur gee. SA het nie die regte rekord van voëls nie en dis ʼn probleem.

DFFE – Mpho Tjiane
Verduidelik die CIPS registrasie proses wat reeds in April 2023 begin het. Registrasies begin reeds in November 2023 – Jan 2024. Alle hand permitte gaan op die sisteem gelaai word. Daar moet volledige rekords wees. CIPS moet teen einde Januarie 2024 afgehandel wees. Alle Cite 1 kommersieel en nie kommersieel asook nuwe aansoek moet opgelaai word. Alle ou inligting word oorgedra na die sisteem. Nuwe aansoek moet geïnspekteer word. Ou aansoeke hoef nie weer geïnspekteer te word nie.

Kantoor
Lede moet kennis neem, dat as gevolg van beurt krag is opvangs swak en kommunikasie nie altyd moontlik. Stuur Whatsapp en epos as kantoor nie telefonies bereik kan word nie.

Vervaldatum op lede sertifikate – vanaf Mei 2024 sal ʼn vervaldatum op sertifikate verskyn. Vir alle inspeksies deur die departement moet lede die volgende kan toon. Geldige lidmaat sertifikaat, permit, DFFE permit en sertifikaat asook die terme en voorwaardes. Hou asb. al vier hierdie dokumente ten alle tye bymekaar.

Webtuiste
Die nuwe webtuiste – Daar is nog ʼn paar tegniese aspekte wat aandag geniet voor dit geaktiveer kan word. Versoek dat klubbestuur asb. gereeld op dateer moet word.

CITES
Spesies is geïdentifiseer, maar min samewerking is verkry met die opname wat gedoen was. Cites opname terugvoer vanaf lede is baie nodig, maar was baie swak. Inligting is baie belangrik en alles word vertroulik hanteer. Lede gee nie hul samewerking. PVSA is die grootse papegaai uitvoerders. Belangrik om voëls te ring en data op datum te hou.

African Grey – bewarings fonds vergadering vir 21 Oktober by Dieter se huis is geskeduleer. Daar is 2 moontlike projekte , maar dis moeilik om betrokke te raak as daar nie genoeg befondsing is. Gert van Zyl en Antonie Meiring is baie betrokke by Cites en bywoning van vergaderings ens.

Finansies
Ledegeld vir 2024 is vasgestel op – Direkte lede R800 en klublede R400 per jaar. Finansiële state is by klubvoorsitters,

Ringe
Ring verkope is baie af vir 2023. Daar gaan prysverhoging wees volgende jaar. Ringe aan nie lede is duurder en het nie die papegaai kop op nie. Voorsitter noem dat PVSA het rekord van al hul lede se ringe wat gedruk word. Die departement wil op rekenaar kyk vir ring nr en dan so die eienaar opspoor.

Veilings
Net 7 van die 10 veilings is gehou in 2023. Daar is 250 lotte minder verkoop. Uitvoere is baie onder druk en dit sit verkope onder druk. Lede moet konserwatief kyk wat op veilings gesit word. Ouderdom en gehalte is baie belangrik.

Veilings datums vir 2024 :
Valke 9 Maart
Kalahari 16 Maart
Upington Voëlklub 23 Maart
Kosh 6 April
Standerton 13 April
BPTV 20 April
Verrewes 27 April
Diamantveld 4 Mei
PMV 11 Mei
Stellaland 18 Mei
Overberg 25 Mei

Konstitusie
Veranderinge is voorgelê, maar punt 4.10.1.6 moet verander, staan oor na AJV 2024

Voorsitter verslag
Die huidige struktuur is nie voldoende. Hulp moet ingekry word om die voortbestaan van PVSA te verseker.
Ledetal 1135 aktiewe lede (820 Klublede, 315 Direkte lede) ledegeld uitstaande Klublede nie hernu 80 direkte lede 36 onaktiewe lede 687 teenoor verlede jaar se 770 → 83 lede het weer heraangesluit na hul kontak is. Oorlede sedert 2016 – 2023 → 40. Gestaak 2315 → 46 meer as in 2022. Erelede 3 Klublede, 4 direkte lede.
Ringnekke 2016-2023 is 925 permitte uitgereik. Aktief en hernu vir 2023 is 603. Gestaak/onaktief 274, uitstaande nie hernu klubs 40 direkte lede 8.

Verkiesing van UK
Karl Markram en Christo Topham se termyn is verby. Albei is herverkies. Dawie Venter wat gekoopteer was is voorgestel en verkies.
Voorsitter – Guy van Zyl
Onder voorsitter en Kommunikasie – Dawie Venter
Tesourier – Christo Topham
Veilings en Ringnekke – Keadie Jacobs
Ringe – Karl Markram
Cites – Gert van Zyl