PASA EXPO & AGM

PVSA Naweekwegbreek 2026 – Hou die datum oop!

Geniet ’n heerlike naweekwegbreek saam met mede papegaai-telers en voëlentoesiaste by Umfula Lodge, gerieflik geleë net buite Parys.

🗓️ 4 September 2026 – Ekspo Dag
Ons nooi u uit om deel te neem aan ’n ekspo met ’n verskeidenheid uitstallers en gassprekers. Alle voëltelers is welkom om die dag saam met die Papegaai Telers van Suider Afrika te geniet.
▪️ Lewendige vermaak die aand
▪️ ’n Heerlike spitbraai sluit die dag af

🗓️ 5 September 2026 – Algemene Jaarvergadering (AJV)
Sluit by ons aan vir die Algemene Jaarvergadering van die Papegaai Telersvereniging van Suider-Afrika.

➡️ ’n Gesinsvriendelike ervaring – almal is welkom!

Verblyfkennisgewing

▪️ Chalets is beperk; bespreek asseblief vroegtydig indien u die naweek wil oornag.
▪️ Karavaan- en kampeergeriewe is ook beskikbaar.

📞 Vir besprekings, skakel 056 110 0105.
Noem asseblief dat u bespreking vir die PVSA-naweek is.

▪️ Verdere besonderhede oor uitstallers, gassprekers en die AJV-agenda sal binnekort bekend gemaak word.

🌐 Vir meer inligting, besoek Umfula Lodge se webblad:
https://share.google/2qKOAPNA0EnLuKP6c
of Facebook-blad:
https://www.facebook.com/share/17CHKWnTA1/?mibextid=wwXIfr

Scroll to Top