Ben Minnaar is ’n bekende naam in die Suid-Afrikaanse papegaai wêreld en bring byna vier dekades se praktiese ondervinding na die PASA Expo 2026.
Ben is reeds sedert 1988 by papegaaie en avikultuur betrokke en teel vandag steeds aktief met papegaaie en meer spesifiek kaketoes. Hy het saam met Prof Odendaal, wat ‘n bekende diere gedrags kundige was, ook ‘n kursus aangebied oor papegaai gedrag.Oor die jare het hy uitgebreide praktiese kennis opgebou van teling, kunsmatige uitbroei en handgrootmaak van papegaai kuikens.
Hy het ook ’n belangrike rol in PASA se geskiedenis gespeel en was vanaf 2014 tot 2021 voorsitter van die Papegaaitelersvereniging van Suider-Afrika (PVSA/PASA).
Ben se belangstelling strek verder as avikultuur. Hy was in 1984 toegelaat as prokureur en praktiseer nog steeds. Hy is ook betrokke by die bewaring van Suid-Afrika se militêre geskiedenis en erfenis, met besondere belangstelling in historiese militêre voertuie en toerusting. Wonderboom Militere Museum buite Pretoria huisves ‘n groot versameling historiese militere voertuie en wapens en word militere voertuie gereeld demonstreer. Wondermil Smokehouse, deel van die Museum, spesialiseer in gerookte vleis en is oop vir die publiek oor naweke.
Praktiese Handgrootmaak van Kuikens wet lab
Alhoewel daar verskeie aspekte is wat deel uitmaak van die hele proses van kunsmatige uitbroei en handgrootmaak van papegaaie wat bespreek sal word sal hy twee aspekte in meer detail bespreek.
Die eerste is navorsing waarmee hy besig is oor die draai van eiers asook die klimaat binne die broeimasjien en die tweede is hulpverlening by die uitbroei van die kuikens.
‘n Grunbach broeimasjien sal deel wees van die “Wet Lab” demonstrasie.
Vrydag, 4 September 2026
Umfula Lodge, Parys
Ben Minnaar –
Handgrootmaak van Kuikens
Vir nuwe én ervare telers is dit ’n uitstekende geleentheid om te leer by iemand wat reeds sedert 1988 prakties deel is van die Suid-Afrikaanse papegaai wêreld.
Moenie Ben Minnaar se Wet Lab by die PASA Expo 2026 misloop nie.

