

Na maande se deeglike beplanning is die Algemene Jaarvergadering van PVSA op die 23ste Augustus gehou by die Elgro Hotel. Dit was sonder twyfel een van die hoogtepunte van die afgelope paar jaar. Selfs die 2024-simposium het nie soveel lede en klubs bymekaar gebring soos dié vergadering nie — ‘n bewys dat PVSA besig is om nuwe hoogtes te bereik.


Tegnologie en Bewaring Hand-aan-Hand
Die vergadering het afgeskop met Paul Grobler as een van die sprekers. Hy het waardevolle insig gedeel oor die vordering van PVSA se nuwe mobiele toepassing (app). Hierdie platform sal lede binnekort in staat stel om administrasie, registrasies en inligtingstoegang makliker te bestuur – ’n groot sprong vorentoe vir die organisasie.

’n Ander gasspreker, Dr. Shivambo, het gefokus op ’n belangrike nuwe samewerkingsprojek rondom die “ferral”-populasie van ringnekke. Hierdie projek is direk gekoppel aan die DFFE se permitvoorwaardes vir die hou en teel van ringnekke en is ’n groot stap in die regte rigting vir volhoubare bewaring. hierdie navorsing in samewerking met Unisa hou direk verband met die NEMBA wetgewing.

Aviplus was ook teenwoordig deur die gesig van Avi, Linda, wat spesiale aanbiedinge gehad het teen mal pryse. Avi is een van PVSA se teenwoordigers wat altyd betrokke is by veilings en ons ondersteun in die bedryf.


Internasionale Betrokkenheid en Innovering
Antonie Meiring en Gert van Zyl het verslag gedoen oor die jongste verwikkelinge by CITES-vergaderings en die invloed daarvan op Suid-Afrikaanse telers. Internasionale regulasies word al hoe belangriker, en PVSA se aktiewe betrokkenheid verseker dat ons lede goed ingelig en voorbereid is.


Christoff Botha het opgewonde aangekondig dat PVSA nou ’n nuwe ringverskaffer het. Die nuwe ringe is van uitstaande gehalte en reeds aan klubs voorgestel. Volgens hom is daar tans geen beter ringe beskikbaar in Suid-Afrika nie — ’n belangrike ontwikkeling vir telers wat trots is op gehalte en akkuraatheid.
Voorsitter Verslag – Guy van Zyl
Die voorsitter verslag is ook deur die voorsitter, Guy van Zyl voorgehou: Chairman’s Report Summary (1 September 2024 – 14 August 2025) ·
Membership Growth: PASA has seen significant membership expansion, strengthening ties with international aviculturists and enhancing PASA’s global presence in conservation discussions. ·
Strategic Partnerships:
o Ongoing dialogue with local (DFFE) and international (CITES) authorities to protect breeders’ interests.
o Collaboration with UNISA on research regarding feral Rose-ringed Parakeets.
o Awareness initiatives on compliance with permit conditions for members.
o Evaluation of digital solutions for record-keeping to support conservation goals. ·
International Representation: PASA will represent South African breeders at the CITES Conference in November 2025, addressing critical topics related to African Grey conservation and captive breeding. ·
Knowledge Sharing: Two successful webinars hosted, attracting over 500 participants each, showcasing PASA’s commitment to global knowledge exchange. ·
Quality Assurance: High-quality PASA rings are now available, responding to member feedback and ensuring traceability. ·
Challenges:
o Ongoing impact of avian diseases like PBFD.
o Breeder apathy towards legislative compliance.
o CIPS registration process delays due to technical issues. ·
Future Priorities: Focus on advancing conservation projects, ongoing research, compliance awareness, and expanding international advocacy. ·
Acknowledgements: Gratitude to the Executive Committee, staff, and members for their dedication and support. ·
Conclusion: This year has marked growth and innovation for PASA, positioning it as a leader in parrot breeding and conservation efforts.
Vooruitsigte vir 2026: PVSA Veilings
Een van die belangrikste aankondigings van die dag was die bevestiging van veilingsdatums vir 2026. Hierdie veilings bied nie net topgehalte, geringde voëls aan nie, maar ook ’n platform waar telers en liefhebbers van regoor die land kan ontmoet en sake doen. Met ses veilings op die kalender is dit duidelik dat PVSA poog om vir al sy lede geleenthede te skep — veilings waar slegs voëls wat aan PVSA-standaarde voldoen, toegelaat word.
PVSA Veilingsdatums vir 2026:
7 Maart – Valke Voëltelersklub
21 Maart – Kalahari Voëlklub
18 April – Bloemfontein Papegaaitelersvereniging
9 Mei – Papegaai Mutasie Vereniging
16 Mei – Stellaland Voëlklub
23 Mei – Overberg Papegaaiklub
’n Trotse Tradisie van Saamkuier
Na afloop van die amptelike deel van die vergadering, het die gaste aangesit vir ’n heerlike maaltyd van steak, hoender, vars slaaie en poeding — beslis ’n ete wat met reg as “koningskos” beskryf is.
Maar soos altyd was die ware hoogtepunt die gesels en saamkuier onder voëlboere — die uitruil van raad, ervaring en ou vriendskappe wat herleef word. Dit is sulke oomblikke wat geen geldwaarde het nie, maar wel die hart van die organisasie vorm.
Slotgedagtes
Met die 2025-jaarvergadering agter die rug is dit duidelik: PVSA is op ’n sterk trajek van groei, professionalisering en samewerking. Die pad vorentoe lyk belowend, en lede word aangemoedig om betrokke te bly, mekaar te ondersteun, en saam te werk aan ’n sterker, meer volhoubare voëltelersgemeenskap.
Mag ons mekaar weer sien by die volgende jaarvergadering — sterker, wyser en meer verbind tot die toekoms van voëltelery in Suid-Afrika.




