Psittacus erithacus - AFRICAN GREY

AFRICAN GREY BEWARINGSFONDS

Die African Grey Bewaringsfonds is daargestel vir telers om by te drae tot die deurlopende betekenisvolle bydrae vir die bewaring van African greys.

Cites se hoof doel is om te kan sien dat voëls in aanhouding geteël, volhoubaar is en dat daar by die voorgestelde reëls gehou word.

Die bewaringsfonds stel PVSA/PASA in staat om fondse te gebruik vir navorsing om sodoende telers sowel as die wilde populasie te beskerm.

Die fonds is voorgestel aan Cites, en dit is so aanvaar.

Volgens die voorwaardes van kommersiële registrasie moet daar ‘n bydrae gemaak word.

Elke teler hetsy dit n stokperdjie of kommersiele boerdery, word as belangrik ge-ag om by te drae tot die fonds sodat PVSA kan voortgaan met projekte wat deurlopend en betekenisvol is.

Projekte wat aangepak word, word deeglik bestudeer voor enige fondse onttrek word.

Die PVSA en die African Grey Kommitee het die volgende berekening opgestel as n riglyn oor hoe bygedra kan word:

Voorgestelde Formule:

Totale broeipare ( bv 100 ) X  Totale geskatte kuikens ( 1,6 ) per jaar X R 40 = R 6400 per jaar wat bygedrae kan word as teler .

Elke teler wat bydrae,  sal n Sertifikaat ontvang wat as bewys gelewer kan word aan Cites sowel as die Departement in Suid Afrika, sou daar besoeke afgelê word.

Telers sal ook kan aanvra vir n kwitansie vir besigheids doeleindes .

Ek moedig almal aan om hul bydrae te lewer ten op sigte van die African Grey bewaringsfonds om die vooruitsig van ons besighede positief en volhoubaar te hou.

AG Komitee Verkies

        * Guy van Zyl- Voorsitter

        * Gert van Zyl- Sameroeper PVSA

        * Dawie Venter- PVSA 

        * Fanie Klopper- Lid

        * Jacqueline Blom- Lid

        * Marko Grobler- Lid

Ref:  PVS004/12/2024